Leerders gebruik KI reeds, op hul fone en in hul kamers, en dikwels om die denkwerk oor te slaan. Ons help die hele skoolgemeenskap om KI so te gebruik dat dit leer versterk eerder as vervang. Ons begin met data en eindig met data, sodat u self kan sien wat verander het.
Learners already use AI, on their phones and in their bedrooms, and often to skip the thinking. We help the whole school community use AI in ways that strengthen learning rather than replace it. We start with data and end with data, so you can see for yourself what has changed.
Die vraag is nie meer of leerders KI gebruik nie, maar hoe. Sonder 'n goeie pedagogiese grondslag word KI 'n kortpad wat die leerproses omseil, eerder as 'n hulpmiddel wat dit dieper maak.
The question is no longer whether learners use AI, but how. Without a sound teaching foundation, AI becomes a shortcut around the learning process rather than a tool that deepens it.
Take word klaar gemaak sonder dat die leerder self hoef te dink. Die punt is daar, maar die leer het nie gebeur nie.
Assignments get done without the learner having to think. The mark is there, but the learning never happened.
'n Goed geskrewe antwoord lees maklik en voel bekend. Tog bly daar min in die brein agter wanneer die toets kom.
A well-written answer reads easily and feels familiar. Yet little of it stays in the brain when the test comes.
Leerders, onderwysers en ouers kyk elkeen anders na KI. Sonder 'n gedeelde taal trek huis en skool in verskillende rigtings.
Learners, teachers and parents each see AI differently. Without a shared language, home and school pull in different directions.
KI maak nie swak leer beter nie. Dit versterk óf goeie óf swak leergewoontes. Die verskil lê in die begrip van hoe die brein werklik leer.
AI doesn't make poor learning better. It strengthens either good or poor learning habits. The difference lies in understanding how the brain really learns.
Prof. Ignatius GousOns glo nie die antwoord is bloot meer KI-opleiding nie. Ons begin by drie vrae, in hierdie volgorde, en bou alles op bewese navorsing uit die breinwetenskap, die kognitiewe wetenskap en die pedagogiek.
We don't believe the answer is simply more AI training. We start with three questions, in this order, and build everything on proven research from brain science, cognitive science and pedagogy.
Ses wetenskaplik gegronde stappe na werklike bemeestering, of KI gebruik word of nie.
Six science-based steps to real mastery, whether AI is used or not.
KI is skadelik wanneer dit die leerder se werk doen, en kragtig wanneer dit die leerder help om self te dink. Die klem val nie op watter program nie, maar op hoe en waar.
AI is harmful when it does the learner's work, and powerful when it helps the learner think. The focus isn't on which tool, but on how and where.
Help vind, navigeer en anker kennis.
Helps find, navigate and anchor knowledge.
Verduidelik geduldig tot die leerder verstaan.
Explains patiently until the learner understands.
Toets, gee terugvoer en wys wat nog ontbreek.
Tests, gives feedback and shows what's still missing.
In die klaskamer en by die huis werk KI as Begeleier wat help om kennis te vind en te anker, Ondersteuner wat geduldig verduidelik, en Meet-maat wat dadelik terugvoer gee sodat leerders weet wat hulle nog nie weet nie.
Die hele skoolgemeenskap word betrek, sodat gedragsverandering gemeet kan word en nie net gehoop word nie.
The whole school community takes part, so that behaviour change can be measured rather than merely hoped for.
Wanneer leerders, onderwysers en ouers dieselfde taal oor leer praat, versterk huis en skool mekaar.
When learners, teachers and parents speak the same language about learning, home and school strengthen each other.




Die vraelyste wys hoe elke rolspeler die leerproses sien. Die verslag lê die drie perspektiewe langs mekaar, sodat die skool presies weet waar om te fokus.
The questionnaires show how each role-player sees the learning process. The report lays the three perspectives side by side, so the school knows exactly where to focus.
“The staff completed questionnaires beforehand and the result was discussed during the course and thoughtfully integrated in the training. The training provided was both insightful and highly relevant to the current needs of educators.”
“These sessions were exceptionally valuable, providing practical strategies that bridged innovative technology with everyday teaching and learning. We are more than happy to recommend Future Sharp to other schools.”
“The survey yielded very insightful results that will now be harnessed to guide our continued work. We have been impressed with the Future Sharp team's professionalism, creativity and efficiency.”
Uittreksels uit briewe van skoolhoofde, in die oorspronklike Engels. Name is weggelaat ter wille van privaatheid.
Excerpts from principals' letters. Names are withheld for privacy.
Plattelandse skole kom nie vermoë kort nie, maar die pedagogiese grondslag wat KI 'n bate maak eerder as 'n las. U borgskap gee een skool die volle program vir 'n jaar.
Rural schools don't lack ability. They lack the teaching foundation that makes AI an asset rather than a burden. Your sponsorship gives one school the full programme for a year.
Praat met ons oor borgskapTalk to us about sponsorshipStigter van Future Sharp en navorser in die brein- en onderwyswetenskap. Na 'n akademiese loopbaan van meer as vier dekades by Unisa vertaal hy die nuutste navorsing oor leer in praktiese strategieë vir skole, onderwysers en gesinne. Hy is die skepper van eK'S OP 'IT! en KI = mc².
Founder of Future Sharp and researcher in mind, brain and education science. After an academic career of more than four decades at Unisa, he translates the latest research on learning into practical strategies for schools, teachers and families. He created I'm SHARP! and AI = mc².
Mede-direkteur van Future Sharp, met 'n agtergrond in onderwys en meer as tien jaar se praktyk as opvoedkundige sielkundige. Sy ontwikkel die vraelyste en verslae waarmee elke skool se vordering gemeet word, en sorg dat elke ingreep by die ouderdom en konteks van die leerders pas.
Co-director of Future Sharp, with a background in teaching and more than ten years in practice as an educational psychologist. She develops the questionnaires and reports used to measure each school's progress, and makes sure every intervention fits the learners' age and context.
'n Kort gesprek is genoeg om te sien watter benadering en begroting by u skool pas. Ons glo elke skool verdien hierdie geleentheid, ongeag sy begroting.
A short conversation is enough to see which approach and budget suit your school. We believe every school deserves this opportunity, whatever its budget.
Ons respekteer u skool se privaatheid. Ons noem nooit 'n skool se naam of deel sy data sonder toestemming nie.
We respect your school's privacy. We never name a school or share its data without permission.